Eshet Chayil Bible Journaling
Afrikaanse Verskartering – Papawers | A4 Verskaart PDF | Kreatiewe Bybelstudie
Afrikaanse Verskartering – Papawers | A4 Verskaart PDF | Kreatiewe Bybelstudie
Couldn't load pickup availability
Maak jou persoonlike Bybelstudie meer doelgerig met hierdie Afrikaanse Verskartering Verskaart in ’n pragtige papawer-ontwerp.
Hierdie A4 verskarteringsvorm is ontwerp om jou te help om stadiger deur ’n Bybelvers of Skrifgedeelte te werk, belangrike besonderhede raak te sien en die waarheid van God se Woord op jou eie lewe toe te pas.
Die verskaart lei jou deur ses eenvoudige gedeeltes:
Skryf die Vers – skryf die vers of Skrifgedeelte neer.
Let Op – let op woorde, frases, herhalings en besonderhede wat uitstaan.
Verstaan Dit – dink dieper oor wat die Skrifgedeelte beteken.
Ondersoek Dit – ondersoek sleutelwoorde, konteks en ander relevante Skrifgedeeltes.
Verbind Dit – verbind die waarheid van hierdie gedeelte met ander dele van die Bybel.
Toepassing en Gebed – dink oor hoe jy die Woord prakties kan uitleef en reageer daarop in gebed.
Dit maak die verskaart ideaal vir Afrikaanse kreatiewe Bybelstudie, verskartering, persoonlike stiltetyd, Bible journaling en Skrifstudie.
WAT ONTVANG JY?
Jy ontvang:
1 x A4 Afrikaanse Verskartering Verskaart in PDF-formaat
Hierdie produk bevat die Papawer-ontwerp.
Druk dit by die huis of by ’n drukwinkel uit en gebruik dit soveel keer as wat jy nodig het vir jou eie persoonlike Bybelstudie.
DIGITALE PRODUK
Hierdie is ’n digitale produk en geen fisiese produk sal versend word nie.
Na aankoop ontvang jy ’n lêer wat die aflaaiskakel na jou digitale produk bevat.
BELANGRIK – GEBRUIKSVOORWAARDES
Deur hierdie printable te koop en af te laai, stem jy in tot die gebruiksvoorwaardes hieronder.
Hierdie produk is slegs vir PERSOONLIKE GEBRUIK. Die persoonlike gebruikslisensie is vir een persoon alleen en mag nie gedeel word nie.
Jy mag hierdie produk nie gebruik om ’n klas, werkswinkel, groepbyeenkoms of betaalde Bybelstudie aan te bied sonder dat jy ’n klaspakket aangekoop het nie.
Die produk is ontwerp om as ’n printable gebruik te word. Jy mag dit nie na ’n ander lêerformaat as PDF omskep, die digitale elemente uitmekaar haal om nuwe digitale ontwerpe te skep, of enige gedeelte daarvan in ander digitale produkte gebruik nie.
Jy mag nie hierdie PDF, of enige gedeelte daarvan, op ’n lêerdeelplatform, WhatsApp-groep, Facebook-groep, sosiale media of enige ander digitale platform deel of dit as ’n gratis produk weggee nie.
Hierdie produk mag nie vir enige kommersiële doel gebruik word nie.
Gebruik van ons produkte word gemonitor. Indien ons rekords toon dat die printable vir kommersiële doeleindes gebruik word, kan jou persoonlike gebruikslisensie herroep word.
TERUGSENDINGS, OMRUILINGS EN TERUGBETALINGS
Weens die digitale aard van hierdie produk bied ons nie terugsendings, omruilings of terugbetalings aan nie.
Lees asseblief die volledige produkbeskrywing voordat jy aankoop.
Indien jy enige probleme ondervind om jou lêers af te laai, kontak ons gerus. Ons help graag.
Share
